Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Akkedis Birthday Festival at Flagstone

January 27 @ 3:00 pm - 8:00 pm

Die Kaalkop Waarheid (DKW) is almal wat weet se gunsteling oorspronklike Afrikaanse ‘folk’ band wat sy ontstaan in Pretoria het. Die lede bestaan uit Nardus du Plooy (liedjieskrywer), Christo Strauss (mandolien), Hanru Niemand (banjo), George Rautenbach (kitaar) en Christo Groenewald (kontrabas). Hul lied “In My Lewe” is al deur meer as miljoene geluister. SAMA nominasies en suksesse agter die blad is die groep al lank aan die gaan en stoom steeds voort soos hul treffer “Wegholtrein” die wye wêreld in.

Die Main Dis: Akkedis. Arthur en Rudi is seker die Helderberg se bekendste tweeling sedert die begin van geskiedenis. Akkedis is sinoniem met ruk en rol in Afrikaans. Maar op die 27ste Januarie gaan ons meer as net bietjie ruk en rol. Ons gaan baie ruk en rol, want hulle word ‘n somtotaal van 102 jaar oud. So kom vier fees saam met ons.

Hanru Niemand is ’n veelsydige Afrikaanse sanger-liedjieskrywer afkomstig uit die Boland. Sedert 2003 het hy stil-stil vir homself naamgemaak onder musiekkenners en spog hy vir amper twee dekades reeds met ’n klein kultus-aanhang van musikale fynproewers wat strek van die Kaap tot die Noorde.

Van sy werke is ook al na Fins en Russies vertaal deur vooraanstaande vertalers vir die genot van oorsese gehore.

Die Wasgoedlyn se Jackie en Riku Lätti gaan ook optree. Saam met die Wasgoedlyn het Riku al dosyne albums opgeneem. Riku Lätti is bekend vir treffers soos Hoofstroom, Op die Maan en Smoorverlief. Met die Wasgoedlyn is Jackie en Riku bekend daarvoor dat hulle Alternatiewe Afrikaanse musiek ‘n platform bied. Gaan luister gerus nou na die Wasgoedlyn daar is definitief honderde kunstenaars wat jy van sal hou op die Wasgoedlyn soos David Kramer, Anton Goosen, Piet Botha, Koos Kombuis en nou natuurlik ook Die Kaalkop Waarheid en Akkedis

Kom vier saam verjaarsdag by Flagstone Wine in Paardevlei/Strand

Wyn en musiek gaan hand aan hand.

Details

Date:
January 27
Time:
3:00 pm - 8:00 pm
Website:
https://www.quicket.co.za/events/244959-akkedis-birthday-festival-abf/?ref=events-list#/

Venue

Flagsone Wines
W.R. Quinan Blvd, Paardevlei, Somerset West
Somerset West, Western Cape South Africa
+ Google Map
Phone
021 852 5052
View Venue Website